Ouderdom: 16 Jaar
Graad: Graad 10
Skool: Gereformeerde Skool Dirk Postma
Provinsie: Gauteng

Envirofied

Ons visie is om die oorheersende tweedehandse kar maatskappye tot ‘n einde te bring deur ‘n alternatief te skep om eerder gebruikte voertuie te herwin en van die metale gebruik te maak om eerder splinternuwe voertuie te vervaardig teen dieselfde prys as wat ‘n tweedehandse voertuig sou kos. Ons sal dus ons droom wil uitleef deur meeste tweedehandse karmaatskappye op te koop en van hul voertuie se materiale gebruik maak om nuwes te vervaardig in praktyk.

Tweedehandse voertuie breek, besoedel die omgewing en hul lewensduur is baie kort, maar die materiaal wat hergebruik kan word kan eerder benut word deur splinternuwe voertuie met die heedendaagse tegnologie te vervaardig teen ‘n baie goedkoper prys as wat nou op die mark is vir ‘n nuwe voertuig. Deur van meer omgewings vriendelikke tegnologie gebruik te maak wil ons ook na die aarde omsien. Nie net breek ou voertuie nie, maar hulle word maklik gesteel en hulle voorkoms is nie die van begeerte nie. Ons droom is om selfs vir mense wat teen ‘n begroting moet werk ook ‘n voertuig te verskaf wat wel die moeite werd is om in te belê ten opsigte van lewensduur, voorkoms en etiese kwessies. Ons voel tweedehandse voertuie is slegs ‘n bate as jy dit koop vir antiek nie as jy ‘n goeie winskopie wil kry nie. Die aanvraag na voertuie het drasties vermeerder met die nuwe tegnologie en ons sal beslis die kwaliteit daarvan wil laat kompeteer. Die hoofdoel van die besigheid is om alle verbruikte voertuie te vervang met splinternuwe voertuie teen dieselfde prys!

Franco Burger

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)