Ouderdom: 8 Jaar
Graad: Graad 3
Skool: Centurion Christelike Laerskool
Provinsie: Gauteng

Sublime Slime

Ek maak my eie slym (slime), en verkoop slym-produkte en maak-jou-eie-slym pakkies. Nadat ek vir maande lank geoefen het om verskillende tipes slym te maak, het ek besluit om my slym te begin verkoop. Geen van my slym het enige skadelike bestanddele in nie, en enige kind kan vir ure daarmee speel. Dit help om ‘n mens se handspiere te oefen, laat jou toe om kreatief te wees, en ruik heerlik!

My idee is uniek, omdat ek my kliënte help om self slym te maak. Ek het al die bestanddele beskikbaar. Dit begin met ‘n basiese slym, wat elkeen dan self meng volgens die kleur, geur, tekstuur en voorkoms wat hy verkies. Daar is ook blinkers, klei, gekleurde balletjies en sand, en die wydste verskeidenheid geskenkies wat jy kan kies om in te meng. Elkeen maak self die slym wat sy hart begeer, sonder dat sy ouers se kombuis deurloop onder al die eksperimente. Dis ‘n wen-wen situasie! Ek het ook geskenkpakke wat ideaal werk vir ‘n verjaarsdag- of Kersgeskenk, en kan dit opmaak volgens enige tema onder die son!

Jeané Joubert

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)