Ouderdom: 17 Jaar
Graad: Graad 11
Skool: Hoerskool Zwartkop
Provinsie: Gauteng

Oom Peet se dienste.

My hoof produk idee is om die beste gehalte braai-en kaggelhout te verskaf. Ek verkoop ook kompos wat gebruik kan word vir plante, grasperke en so voorts. Ek verkoop ook hondekos! Al my produkte word afgelewer.

Al my produkte word afgelewer by my kliente se huis en dit word met ‘n glimlag gedoen en in suiwer Afrikaans. Ek het in September 2020 in die buurt gaan stap en my oog het ‘n blou 1973 Volkswagen Bakkie gevang en ek het nog altyd ‘n groot liefde gehad vir ou karre, omdat ek nie hou daarvan om in te pas nie en ek wil uniek wees, ek voel alles van my is uniek. Dit gebeur toe so dat ek die bakkie myne maak, omdat die oom wie se bakkie dit was, ooreengestem het dat ek die bakkie maandeliks afbetaal en so het die inwoners van Centurion my baie ondersteun en ek het in Junie die bakkie klaar af betaal. My produkte en dienste is uniek, omdat niemand anders hout, kompos en hondekos aflewer met ‘n geroeste ou bakkie met ‘n 17-jarige in nie. Ek het besluit om die bakkie te vernoem na die oom wat as ‘n engel gestuur is deur God, om die bakkie aan my te verkoop, Oom Peet.

Kimone’ van der Merwe

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)