Ouderdom: 16 Jaar
Graad: Graad 11
Skool: Hoërskool Zwartkop
Provinsie: Gauteng

Lawwe Lila Speelgroepie

Ek het ‘n groot liefde en passie om met jong kinders te werk en wil graag na skool Kinderkinetika gaan studeer. Daarom het ek gedurende skoolvakansies en oor naweke wanneer my skoolprogram dit toelaat, verskeie speelgroepies by ons huis aangebied. Ouers van jong kinders was gefrustreerd met die COVID grendeltyd waar kleuterskole lank toe was en skoolvakansies verleng is. Ek het die geleentheid raakgesien om ouers uit hul penaries te help en terselfde tyd kon ek kinders beter leer ken. Ek het geadverteer om slegs 4 kinders op ‘n keer vir 2.5 ure by my huis besig te hou met aktiwiteite wat ek self nagevors en voorberei het sodat dit by hul ouderdomme pas. Ek het nie vergeet van die mammas nie. Omdat die kleintjies meer gemaklik was as hul mammas naby was, het die mammas dus saamgekom en heerlik ontspan met verskeie keuses drinkgoed en ‘n soet versnappering wat ek self gebak het. Gratis Wifi was ook beskikbaar vir die mammas wat wou werk. Ek het 3 aktiwiteite per sessie aangebied nl. bak-en-brou, kuns en speletjies en ook eetgoedjies vir die kinders verskaf. Die klein groepies het goed gewerk omdat ek persoonlike aandag aan elke kindjie kon gee en ons steeds COVID-regulasies kon toepas.

Ek is nie bewus van enige iemand wat al met hierdie idee vorendag gekom het nie. Gewoonlik sal jong entrepreneurs ‘n produk verkoop en wins maak eerder as om ‘n diens te lewer. My idee was ‘n wen-wen-wen (3-vuldige wen) situasie. Die kinders was honger vir nuwe kreatiewe aktiwiteite omdat mammas al moeg was vir idees uitdink a.g.v. grendeltyd. Mammas kon ook bietjie ‘n blaaskans kry van die besige lyfies wat hul heeldag moet vermaak en ek het ervaring opgedoen en weet nou met meer sekerheid dat ek besig is om die regte loopbaankeuse te maak. Ek het baie geleer van beplanning, navorsing, voorbereiding, kommunikasie en finansies.

Leanne van Rooyen

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)