Ouderdom: 13 Jaar
Graad: Graad 7
Skool: Tuisskool
Provinsie: Vrystaat

Bokken Lekker Melk

Ek het melkbokke aangekoop om bokmelk te verskaf aan omliggende winkels asook individue. Ek sal later ook kaas (veral Halloumi) van die bokmelk wil maak. Die idee het ontstaan toe my klein neef eendag gehuil het oordat hy baie lus was vir pap, maar dit nie kon eet nie omdat hy siek word van beesmelk. Sy pa het toe vertel dat hy wens hulle kan bokmelk in die hande kry, dan kan ou Fredri ook pap eet. Ek was nuuskurig en het meer uitgevra, Daar is ‘n duidelike behoefte aan bokmelk omdat daar baie mense is wat allergies is vir beesmelk, veral babas en ook omdat mense so gesondheidsbewus begin raak het, word aanvraag na alternatiewe vorme van melk meer. Bokmelk verteer baie makliker en vinniger.

Behalwe vir die rou bokmelk maak ek ook gegeurde bokmelk. Dit smaak soos nog! Bokmelk se gesondheidsvoordele is nie net vir allergi√ę en verslangking nie, maar daar is ook die nodige voedingsware in om jou immuun te versterk teen Covid. Tot nou toe het mense in die omgewing poeier bokmelk gekoop( wat glad nie so lekker proe nie) en dus is die vars bokmelk wat met baie liefde gebottel word ‘n groot lekkerte en aanvraag word meer. Ek het ook ‘n geheim ontdek hoekom party bokmelk baie sterk proe en hoekom party weer meer smaaklik is. Daardie geheim deel ek as julle vir my kom kuier hahahaha.

Reuven Strauss

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)