Ouderdom: 15
Fase: Hoërskool
Graad: 9
Skool: HS Randburg
Provinsie: Gauteng

Roekies & Co

Ek lewer reeds ‘n produk. Ek het tot nou 3 soorte koekies verkoop nl. ‘shortbread”, vlakoekies en grondboontjie-botter. Vandat my boetie deel geword het van die besigheid, het hy tradisionele hawermout koekies (Crunchies) en volgraan klapper beskuit bygevoeg. Tot nou toe was die grondbootjiebotter-koekies die beste verkoper (seker oor die geheime bestanddeel wat ek insit). Soos wat die besigheid groei, sal ek ook meer geure bysit, (bv, gemmer en sjokolade) maar ek wil eers kyk of my boetie se koekies en beskuit goed genoeg gaan verkoop.

Picture1