Ouderdom: 7 Jaar
Graad: Graad 1
Skool: Tuisskool
Provinsie: Noord-Kaap

Die Snoepmandjie

Ek bedryf ‘n Snoepie in ‘n Mandjie. Ek verkoop snoephappies soos skyfies, stokkielekkers en ysies aan kinders (en soms volwassenes) van die omgewing, uit my mandjies. Geen item is duurder as R2 nie.

My besigheid is uniek want dit is die enigste een wat snoephappies in die omgewing verkoop, die naaste dorp met winkels is 20km van ons af. My besigheid stel die kinders in staat om op hul eie te besluit hoe hulle hul geld wil bestee want hul kan self my winkel besoek, hulle kan nie self dorp toe loop nie. Ek probeer ook om goedkoop produkte te verkoop wat almal se sak sal pas, my pryse is van 50c tot R2 niks is duurder as R2 nie.

Stefan Smuts

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)