Ouderdom: 6 Jaar
Graad: Graad 1
Skool: Durbanville Voorbereidingskool
Provinsie: Wes-kaap

Kiki & Ek ( Dit is ek en my sussie, Kayla – ons gaan dit saam bemark en aan die gang sit)

Ek wil graag Barbie- en popklere verkoop. Ek het in grendeltydperk as ek by die ouetehuis gaan kuier gesien dat die Tannies is baie eensaam en wil graaggeselsies aanknoop. Een van die Tannies het vir my ‘n popkombersie gebrei en noem dat ek kan bestellings plaas vir maaitjies as hulle verjaar. Ek gaan elke item in ‘n mooi sakkie sit met ‘n sticker op van my logo en slagspreuk. En ook Pappa se nommer op as enige iemand nog bestellings wil plaas. Ek gaan ook die produkte by die skool bemark en ook as ek naweke by maaitjies gaan kuier. Ek het vir papa gevra of ek van die klere kan koop en dan weer herverkoop. Die tannies het nie ‘n plek om ditte verkoop nie en mag op daardie stadium nog nie uitgaan om vir familie tegaan kuier en was juis daarom eensaam en wou graag iets beteken. Die klere vir die Babas en Barbies het ons geneem en dan verkoop aan maatjies en hul mammas weervir geskenke. Ek gee ‘n gedeelte aan die Tannies en dan ook ‘n gedeelte hou ek. Meeste van die klere word gebrei en sommige items word gestik, maar ek dink die Tannies hou meervan brei en dit is baie skaars en mens vind nie sommer dit in winkels nie.

Met hierdie idee help ons ook Tannies wat baie eensaam is en ook finansieel baie sukkel. Dit is ‘n staats ouetehuis so baie Tannies kry baie swaar en hierdie gee dan weer ‘n nuwe betekenis vir hulle om dogtertjies se harte gelukkig te maak met hul mooi handewerk. Die idee is uniek, want hiermee help ek oud tot jonk, Ek maak ‘n geldjie en dan so ook die Tannies in die ouetehuis. Ek het ook geen kostes tot ek die klere verkoop, daarom is my risiko min en gaan ek seker wees ek verloor nie geld nie. Hierdie is ‘n platform, soos papa sal noem, waar ek ietsie kan maak maar ook Tannies wat sukkel en wat dalk iets wil doen met hulle hande en ‘n ekstra geldjie kan verdien. Elke item gaan uniek wees en daar sal nooit twee items wees wat dieselfde is nie.

Sune Enslin

Stem Vorm

Hidden
Naam(Required)