Daniel Jacobs – Die Jong Boer se Hoendereiers
My idee is om n suksesvolle hoenderboer te wees. My naam is Daniel Jacobs en ek is n jong hoenderboer van Pretoria. Die keuse van hoenders is le hoenders want ek is baie lief vir diere en ek dink dit is belangrik dat diere/pluimvee gelukkig en gesond moet wees. Die ras is Potch-Koekoek en Hy-Lines, Ek verkoop die “free range” eiers aan vriende, familie asook die plaaslike gemeenskap. Ek het reeds my eie webwerf en werk daaraan om dit selfs nog beter te maak deur ander produkte in te sluit soos hoender stallasies, mielie meel, en nog baie ander items. Ek dink ook daaraan om klein intieme toere vir Laerskool kinders te doen hier op die plot. Dit sal vir hulle n geleentheid gee om van hoenders te leer en hulle kan dan self van die eiers gaan uithaal. Hopenlik raak hulle dan ook greelde kliente. Gaan loer gerus na my webblad by: www.diejongboer.co.za.
Die eiers is heeltemal “free range”en my verkoopsprys is baie billik. Jy kry dus n gesonde, goeie kwaliteit eier teen n beskostigbare prys direk vanaf Die Jong Boer. Om my meer uniek te maak en te laat uitstaan bo ander hoerderboere, gaan ek my boerdery uitbrei deur gekleurde hoendereiers te verkoop. Toemaar, dis nie paaseiers nie, maar regte egte “free range” hoendereiers. Dit gebeur deur sekere rasse te vermeng en dan kry jy gekleurde eiers. Daar gaan blou, groen, pienk en sjokolande gekleurde eier doppe wees. Dis slegs die dop wat anders lyk, binne is dit nog steeds die gesonde eiers waaraan mense gewoond geraak het vanaf Die Jong Boer. Ek dink dit sal my beslis uniek maak!