WIE EN WAT IS BESIGHEIDSBYTJIES?

“Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Doen wat jy kan.” – Theodore Roosevelt

AfriForum stel bekend: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie 2023

AfriForum het reeds in 2019 die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie met groot sukses van stapel gestuur.

Dié aanlyn kompetisie het intussen uitgebrei deur voorsiening te maak vir hoërskoolleerders (Juniorpreneurs) wat ’n passie en kop het vir besigheid.

wat is DIE DOEL?

Die doel van hierdie kompetisie is eenvoudig: om jong entrepreneurs van vroeg af te bemagtig.

Dit was nog nooit so belangrik om jong volwassenes te leer om entrepreneurs te word soos nou nie! Entrepreneurskap is nie noodwendig iets waarmee elke persoon gebore word nie, dit is ook iets wat geleer, gevorm en uiteindelik ontwikkel kan word.

AfriForum se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurskompetisie is van mening dat sterk leierskapontwikkeling hieruit kan spruit. Jong volwassenes word dus aangemoedig om self verantwoordelikheid te neem om hulle eie, unieke idees om te sit in innovering wat realisties en uitvoerbaar is. Sodoende word hulle aangemoedig om ’n positiewe verskil in die samelewing te bewerkstellig deur voorsiening te maak vir ’n noodsaaklike behoefte of begeerte.

Ons kinders is die volgende generasie leiers – hulle moet hoop skep deur alreeds van jongs af te werk aan ’n nóg blinker toekoms!

Algemene inligting

Vir die wenners is daar groot kontantpryse op die spel, asook ’n paar ekstra verrassingspryse van ons fantastiese borge. Vir jou om die kans te staan om te wen, is dit belangrik om jou te vergewis van die onderskeie kategorieë en kriteria, soos uiteengesit deur die AfriForum Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie.

PRYSE OP DIE SPEL:

Kategorie 1:

Grondslagfase (graad 1–3)

WENNER:
R3 000 kontant

NAASWENNER:
R1 500 kontant

Kategorie 2:

Intersenfase (graad 4–6)

WENNER:
R5 000 kontant

NAASWENNER:
R3 500 kontant

Kategorie 3:

Senior fase (graad 7–9)

WENNER:
R7 000 kontant

NAASWENNER:
R5 000 kontant

Kategorie 4:

VOO-fase (graad 10–12)

WENNER:
R10 000 kontant

NAASWENNER:
R7 000 kontant

WIE KAN INSKRYF?

Hommelbytjies

  • Kategorie 1: Grondslagfase (Graad 1–3)
  • Kategorie 2: Intersenfase (Graad 4–6)

Juniorpreneurs

  • Kategorie 3: Senior fase (graad 7–9)
  • Kategorie 4: VOO-fase (graad 10–12)

HOE WEN JY?

Die publiek (jou ma, pa, ouma, oupa en almal waaraan jy kan dink) kry die geleentheid om tussen 21 Junie en 1 Julie 2024 vir jou te stem. Die publiek kan d.m.v. ’n SMS of op www.besigheidsbytjies.co.za vir hul gunstelingentrepreneur stem. Jy sal ook ’n e-pos ontvang met al die nodige inligting van hoe en waar om te stem. Die publiek se stemme tel 50%. Let wel: net een stem per persoon is geldig!

Die deelnemers se besighede sal op 5 Julie 2023 deur ’n groep kenners beoordeel word wat dan die wenners van die vier kategorieë sal bepaal. Die beoordelaars se beoordeling maak die ander 50% op. Let wel: die beoordelaars se beslissing is finaal.
Die wenners sal op 8 Julie 2024 bekendgemaak word.

Interessante feite:

Bye word gereken as die hardwerkendste insekte op aarde en in hulle kort lewensduur van ses weke, produseer een by nét ’n teelepel heuning. Bye werk hulle letterlik dood. Na sowat vyf weke is die by so uitgeput dat hul op ’n dag net te moeg is om weer die nes te haal en dan sommer op ’n blom of in die veld inmekaarsak en doodgaan.

Werkersbye vlieg letterlik hulle vlerke stukkend agter nektar aan.

Laai gerus die Besigheidsbytjiegids gratis hier af vir meer inligting en om seker te maak jy werk slim deur ’n goeie sakeplan te gebruik.

Entrepreneurs het die volgende eienskappe:
  • vindingryk, kreatiwiteit en goeie gesonde verstand
  • visie, beplanningsvermoë en optimisme
  • risikonemers
  • selfgemotiveerd en selfvertroue
  • leierskap
  • buigbaarheid
  • goeie tydsberekening
Waarom entrepreneurskap noodsaaklik is:

Om jou eie geld te maak, kan pret wees! Dus is jy self verantwoordelik vir jou eie sukses. Jy kan self besluit:

  • watter van jou kreatiewe idees jy wil gebruik en hoé jy dit wil benut;
  • watter projekte jy wil aanpak;
  • met watter sakevennote jy wil saamwerk;
  • wie jou kliënte moet wees;
  • wat die reëls by jou werksplek moet wees; en
  • wat jou werksure moet wees.
Nadele en risiko’s van entrepreneurskap:

Entrepreneurskap bied baie bevrediging, maar kan soms talle uitdagings hê, soos:

  • lang werksure;
  • gebrek aan ondersteuning;
  • finansiële risiko; en
  • mislukking.
Voordele van mentorskap:

Ongeag wie jy kies, moet jy die volgende voordeel trek uit mentorskap:

As jy wil voordeel trek uit ’n besigheidsverhouding met ’n mentor, moet jy seker maak jy kies die regte mentor. ’n Mentor kan jou ouer, voog of onderwyser wees.

  • ervaring
  • emosionele intelligensie
  • vinniger oplossings
  • ’n groter netwerk
  • ’n langer leeftyd vir die onderneming

Bepalings en VOORWAARDES

  1. Jy mag nie aan hierdie kompetisie deelneem as jy in die afgelope jaar reeds ’n kompetisie van AfriForum gewen het nie.
  2. Deelnemers mag nie direk verwante familielede wees van enige AfriForum-, Saai- of Pretoria FM-personeel óf enige direkte of indirekte belang by die hoofborg (Pretoria FM) van hierdie kompetisie hê nie.
  3. Inskrywings moet teen nie later nie as 18 Junie 2024 deur middel van ons aanlyn aansoekvorm ingedien word. Geen skriftelike of laat inskrywings word aanvaar nie.
  4. Sodra jou inskrywing ingedien en ontvang is, aanvaar AfriForum dat jy aan die kriteria voldoen om aan die kompetisie deel te neem en dat sowel jy as deelnemer as jou ouer(s) of voog(de) die bepalings en voorwaardes van die kompetisie aanvaar en as bindend beskou.
  5. Enige inligting wat met verloop van die kompetisie van enige deelnemer ingesamel word, sal ingevolge die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 hanteer en verwerk word.
  6. Deelnemers en ander partye wat hul persoonlike inligting tydens die verloop van hierdie kompetisie beskikbaar stel, stem toe dat dié persoonlike inligting vir bemarkings- en/of werwingsdoeleindes aan die hoofborg beskikbaar gestel mag word.
  7. Geen wysiging aan enige inligting wat op ’n inskrywing ingedien is, word ná die sluitingsdatum toegelaat nie.
  8. Die beoordelaars van dié kompetisie is onafhanklik en hul beslissing is finaal.
  9. Mentors wat deelnemers met voorloop van die kompetisie raad gee, het geen invloed op die uitkoms van die kompetisie óf die beoordelaars se beslissing nie.
  10. Ouers of voogde mag nie as borge vir Besigheidsbytjies se entrepreneurskompetisie optree nie.
  11. Publieke stemme is slegs geldig tussen 21 Junie en 1 Julie 2024 .
  12. Slegs een stem per persoon is geldig, wat beteken dat geen persoon meer as een keer vir dieselfde deelnemer kan stem nie.