Ambassadeurs

Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurs-ambassadeurs

Is jy ’n jong entrepreneur? Besit jy jou eie suksesvolle sakeonderneming? Wil jy die lesse wat jy al geleer het en jou vaardighede met ander deel? Is jy tussen die ouderdom van 13 en 25?

Jy kan vandag nog jouself of iemand in jou skool nomineer as ’n Besigheidsbytjie- of Juniorpreneur-ambassadeur.

Hoe kan jy jouself/iemand nomineer?

Stuur ’n e-pos na besigheidsbytjies@afriforum.co.za met die volgende inligting:

  1. Kop- en skouerfoto van genomineerde.
  2. Stuur ’n kort biografie van die genomineerde en waarom jy dink jy/die genomineerde die perfekte ambassadeur vir jong entrepreneurs sal wees?
  3. Sal die ambassadeur bereid wees om hulle eie raad/advies met ander te deel soos om ’n mentor te wees/om te blog vir www.besigheidsbytjies.co.za/ om jou/hulle e-posadres te deel sodat ander jong entrepreneurs raad/advies kan vra?
    • Nominasies sluit 17 Mei 2024.
    • Ambassadeurs sal teen 22 Mei 2024 in kennis gestel word dat hulle amptelik as jong ambassadeur vir AfriForum Sakenetwerk in hulle skool of gemeenskap dien.
    • Om as ambassadeur te dien, is lewenslank en enige ambassadeur kan op enige tyd onttrek deur ’n e-pos te stuur na besigheidsbyjties@afriforum.co.za.

Die doel van ons ambassadeurs:

  • Maak jou gemeenskap en/of skool bewus van AfriForum Sakenetwerk se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurs-kompetisie.
  • Skryf blogs met advies/raad of deel jou eie storie vir ons webtuiste (www.besigheidsbytjies.co.za).
  • Maak video’s oor AfriForum Sakenetwerk se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurs-kompetisie wat op AfriForum Sakenetwerk en jou eie sosialemediaplatforms gedeel kan word.
  • Dien as mentor vir ander jong entrepreneurs.
  • Deel Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurs-plakkate by skole in jou gemeenskap uit om die kompetisie verder te bemark.
  • Help met bemarking van Die Korf – ’n reeks oor voormalige Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurs-wenners op AfriForumTV wat September 2024 vrygestel word.

Wat bied AfriForum Sakenetwerk vir die ambassadeurs:

  • ’n Nuut ontwerpte logo sal vir die ambassadeur se onderneming voorsien word.
  • Netwerkgeleenthede en om moontlik as ’n beoordelaar van die jaarlikse Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurs-kompetisie op te tree.
  • Nodige blootstelling op AfriForum Sakenetwerk deur blogs/video’s van die ambassadeur op sosialemediaplatforms te deel.
  • Die boek Bou ’n besigheid! vir jong entrepreneurs deur Yolanda Grobler van Raising Brightness.
  • Mentorskap van die bekende entrepreneur, Albert van Wyk van Millionaire at 22.
  • ’n Temperamenttoets en sessie van WIRED – Flip the Switch!.
  • Die geleentheid om ’n onderhoud op Pretoria FM te doen om te gesels oor jou sakeonderneming, waarom jong mense bemagtig moet word met vaardighede van entrepreneurskap en jou rol as ambassadeur.