Beoordelaars

Albert van Wyk  

Posbeskrywing:
Entrepreneur, Eiendomsbelegger en Filantroop
Kort biografie: 
Ek is ‘n 31-jarige Suid-Afrikaanse Entrepreneur, Eiendomsbelegger, Selfgemaakte Miljoenêr, en Gekwalifiseerde Industriële Ingenieur en Top-Verkoper Skrywer.

Mareli Swanepoel

Posbeskrywing:
Bestuurder van die projekte-afdeling by Akademia
Kort biografie: 
Ek het ondervinding in kommunikasiekunde, bemarking, studentelewe en projekbestuur by organisasies sonder winsoogmerk. My fokus is die implementering en uitbouing van bemarkings- en kommunikasieprojekte binne en buite dié organisasie. 
Entrepreneurs is die hartklop/middelpunt van ’n gemeenskap. Akademia is verbonde aan die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap en daarom is dit so belangrik om deel van hierdie kompetisie te wees vir die uitbouing en bevordering van kennis en wysheid binne die entrepreneurskapgemeenskap.

Esmarie Yssel

Posbeskrywing:
Omroeper/nuusleser/inhoudsvervaardiger en joernalis by die radiostasie Pretoria FM.
Kort biografie: 
My loopbaan het 17 jaar gelede as televisienuusverslaggewer by SAUK Nuus begin.
By die huis is ek ’n introvert, gelukkig getroud met Elrich Yssel, splinternuwe mamma, baardkollie-ma, stapper, skrywer en reisiger.
Ek sal ook eersdaags te sien wees as aanbieder van ’n nuwe televisieprogram op die AfriForum TV-stromingsplatform. Dit is ’n prettige diereprogram, genaamd DIERBAAR.
My lewensfilosofie is om nooit op te gee of op te hou glo in die hoop van môre en te soek na die mooi in elke dag nie, ondanks die lewe wat mens soms met ’n plettervat grond toe vat.

Hui-Mari

Posbeskrywing:
Jeugspesialis
Kort biografie: 
Entrepreneurs bring innovasie, maak ons lewens maklik en hef die samelewing op. Sommige entrepreneurs word gebore – ander word geleer hoe om suksesvol te wees. Daarom is inisiatiewe soos AfriForum se Besigheidsbytjies so belangrik – om die saadjie van vroeg af te plant.

Zané Bekker  

Posbeskrywing:
Juniorpreneur ambassadeur van Besigheidsbytjies en Eienaar van Something Nice.
Kort biografie: 
Bak is my passie en dit is vir my lekker om mense se droom koek ’n realiteit te maak. Dit is belangrik dat entrepreneurskap van ’n jong ouderdom gevorm moet word. Ek wil graag ’n voorbeeld vir jong entrepreneurs wees en vir hulle wys dat enige droom ’n realiteit kan word, solank jy hard werk daarvoor.