Carla-Mae van der Merwe – Fluffy Friends

Fluffy Friends fokus op die sagte, “laat jou goed voel” en “‘n maatjie” diertjie wat jy orals saam jou kan vat.
Die sagte diertjies word met verskillende materiaal gemaak wat ‘n lekker tekstuur vir verskillende handjies is.
Die diertjie gee vir ons kindertjies ‘n gevoel van veilig en spesiaal wees.

Die Fluffy friends is klein, veerlig en super sag. Hulle kan orals saam jou gaan en is ‘n lekker tydverdryf om mee te kan speel en te kan verdwyn in ‘n speelgoedland.
Hulle is bekostigbaar en baie maatjies kan hulle aankoop vir hulleself. Daar is baie sagte speelgoed in winkels, maar dit kos baie geld. Ek maak die fluffy friends self op Saterdae en dit verskaf groot pret om te weet elke fluffy friend maak in ‘n klein maatjie se lewe ‘n verskil.