Jean Mouton – A sweet Cloud
Ek gaan ‘n produk verkoop wat ek self maak. Dit is sjokolade bruintjies (chocolate brownies) wat ek vars bak die dag voor die tyd en dan verkoop. My omgewing se maatskaplike (ekonomiese) toestand laat toe dat die mense in die omgewing en in my skool die “brownies” kan bekostig teen die prys waarteen ek dit gaan verkoop.
My produk is reeds ‘n gewilde en bekende produk by tieners en ook by volwassenes. Ek meng my bestandele en bak my produk in die oond. My area gaan hoofsaaklik Laerskool Muldersdrif en sy leerders, onderwysers en ouers bedien en kan dalk uitbrei na die gemeenskap as dit meer bekend raak en mense meer daaroor praat.