Desiree Maree – Desire Naald en Garing

Toe ek begin het met my besigheid in 2020 was dit om klere heel te maak vir ander mense, maar in die laaste jaar het ek besluit om oor te beweeg na die maak van klere. Ek voel dat, sou ek aanhou om klere heel te maak ek eintlik stagneer, want ek leer nie juis meer iets nuuts nie. Ek is tans besig met ‘n aanlyn kursus in die ontwerp van klere en ek het ook al verskeie naaldwerk kursusse voltooi in die maak van handsakke en klere. My ouma is my mentor en werk sy aan sy met my om te verseker dat ek goeie kwaliteit werk lewer. Die kostes vir my werk behels dat ek die kliënt laat betaal vir die kostes van alle materiale plus R60/uur vir my arbeid.