In 2022 stel Besigheidsbytjies ’n splinternuwe kategorie bekend: die Saai-kategorie. Hierdie kategorie fokus op jong entrepreneurs met ’n liefde vir landbou.

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en te bevorder.

AfriForum en Saai wil jong boere bemagtig en ’n platform bied om al van ’n jeugdige ouderdom die entrepreneurswêreld te ervaar, asook om die nodige kennis en vaardighede te ontwikkel om eendag, as volwasse boere, suksesvolle besigheidseienaars te wees.

Enige kind, van graad 1 tot graad 12, kan vir hierdie kategorie inskryf indien hul onderneming in die terrein van landbou val. Daar is groot pryse op die spel!

Pryse:

Laerskool (Graad 1–7)

  • Wenner: R5 000
  • Naaswenner: R2 500

Hoërskool (Graad 8–12)

  • Wenner: R10 000
  • Naaswenner: R5 000
  • Die kompetisie open aanlyn op 5 April 2022 en sluit 11 Oktober 2022.
  • Die publiek kan tussen 12 en 21 Oktober 2022 stem.
  • Die beoordeling vind op Vrydag 21 Oktober 2022 plaas.
  • Die wenners word 1 November 2022 aangekondig.
  1. Klik hier vir die kriteria van die kompetisie!
  2. Klik hier om die Besigheidsbytjiesgids gratis af te laai!
  3. Skryf in!

In 2022 stel Besigheidsbytjies ’n splinternuwe kategorie bekend: die AfriForum Wêreldwyd-kategorie. Hierdie kategorie fokus op jong entrepreneurs in die buiteland.

AfriForum Wêreldwyd is AfriForum se tuiskomplek vir ons mense in die buiteland. Die aanlyn tuiste waar mense kan saamkuier oor die grense heen en ook kontak hou met hulle geboorteland. Dit is vir ons belangrik dat die diaspora betrokke asook ingelig bly.

Die diaspora is ’n waardevolle deel van ons gemeenskap. Dit is ons nie-amptelike ambassadeurs.

AfriForum Wêreldwyd wil jongmense bemagtig en ’n platform bied om al van ’n jeugdige ouderdom die entrepreneurswêreld te ervaar, asook om die nodige kennis en vaardighede te ontwikkel om eendag suksesvolle besigheidseienaars te wees.

Enige kind tussen die ouderdom van 7 tot 18 jaar kan vir hierdie kategorie inskryf indien hulle klein ondernemings in die buiteland het. Daar is groot pryse op die spel!

Pryse:

  • Kategorie 1: 7–12 jaar
    R5 000 (ZAR)
  • Kategorie 2: 13–18 jaar
    R10 000 (ZAR)
  • Die kompetisie open aanlyn op 5 April 2022 en sluit 11 Oktober 2022.
  • Die publiek kan tussen 12 en 21 Oktober 2022 stem.
  • Die beoordeling vind op Vrydag 21 Oktober 2022 plaas.
  • Die wenners word 1 November 2022 aangekondig.
  1. Klik hier vir die kriteria van die kompetisie!
  2. Klik hier om die Besigheidsbytjiesgids gratis af te laai!
  3. Skryf in!