Ouderdom: 11
Fase: Intersenfase
Graad: 5
Skool: Tuisskool
Provinsie: Wes-Kaap

Wilde Geskenke

Ek verkoop wilde diere kaartjies wat ekself geteken het of gefotagrafeer het. Ek is mal oor wilde diere en geniet dit om dit te teken. My tannie help met die ‘graphic design’ om die sketse in kaartjie formaat te verander(alhoewel ekself wil leer om dit te doen). (Ek spaar vir n kamera. ) My produk is meer gemik op toeriste en mense wat natuurlefhebbers is. Dis nie spesifiek net vir my gemeenskap nie en bedoel om meer mense buite my gemeenskap te bereik. Ek het n groot reeks verskillende kaartjies-van groot soogdiere tot voëls. (Meer as 30). My tannie maak kaartjies van my tekeninge, dan druk ons dit uit by n drukkery, koop koeverte en sakkies om dit in te verpak. Ek stal dit uit op spesiale rakkies wat ons gemaak het daarvoor by n mark of waar daar geleentheid is. Ons wil graag by plekke soos natuurreservate en wildreservate dit ook uitstal waar toeriste is wat hou van die natuur.

Picture3

Sorry. This form is no longer available.