Ouderdom: 13
Fase: Hoërskool
Graad: 7
Skool: Laerskool Muldersdrif
Provinsie: Gauteng

Vetkoek Vibes

Almal is nou en dan lus vir n warm vetkoek waar al die geure so lekker in jou mond smelt. Vetkoek bak was nog altyd n groot tradisie in albei van ons huise. Die reuk van vetkoek is n nostalgie en bring terug warm herinneringe van rond speel om ouma se voete terwyl sy die heerlikste vetkoek bak. Ons gaan hierdie besigheid begin om ons nostalgie met die res van Suid-Afrika te deel. Ons vetkoeke sal bekostigbaar wees sodat almal hierdie liplekker vetkoeke kan proe. Ons glo dat hierdie vetkoeke almal aan die praat sal bring. Ons sal 4 verskillende tipes vetkoeke verkoop as volg: Plain vetkoeke , Cheddar en Stroop vetkoeke , Maalvleis vetkoeke en Mega vetkoeke (kaas en maalvleis) . Ons teikenmark sal gemik word op enige iemand wat dalk lus het vir n vetkoek, jonk en oud. Ons besigheid is nie net soos enige ander vetkoek stalletjie nie , dit is met 100% liefde gemaak. -Vat n Hap laat die sop Spat!

Picture1

Sorry. This form is no longer available.