Ouderdom: 17
Fase: Hoërskool
Graad: 12
Skool: MOS wêreldwyd
Provinsie: Gauteng

VleisHuis

Ek lewer hormoon vrye beesvleis, dit sluit die volgende produkte in: maalvleis, wors, biltong, droëwors, Frikadelle in 2 grotes 30g en 60g, patties is 2 grotes 100g en 150g, enige steak wat jy benodig, agterkwarte, stert, tong, skenkels, sopbene, T-Bene, kookvleis, skilpaadjies, fillette. Dan het ek ook ander produkte: salami, pepperoni, heel Lam, lam skenkels, lam tjops, oepsies (bacon op ‘n stokkie met ‘n kersie) en ogies (ronde bacon op n stokkie met n kersie in die middel). Ek doen dan ook vier pakkette wat genoeg vleis het vir ‘n familie vir n maand , afhangende watter een van die pakkette jy neem. Ek is in Centurion geleë en my meeste kliënte is in Centurion area, ek het ook kliënte in Midrand. Ek neem eenmaal per maand bestellings, die kliënte kry gewoonlik ‘n week om hulle bestellings te plaas, daarna genereer ek die fakture en stuur dit na die kliënte. As die vleis gekom het, pak ek elke kliënt se bestelling, daarna laat weet ek almal om dit op te laai. Betalings geskied voor oplaai.

Picture1

Sorry. This form is no longer available.