Cameryn Linde – Fraai Collective

Ek, die eienaar van Fraai Collective lewer ‘n verskeidenheid handgemaakte juwele. Ek maak al die juwele wat oorbelle, haarknippies, armbandjies en hangertjies asook ringe insluit, self. Die produkte word meestal met perels of klei gemaak. Die perel juwele is baie gewild onder die bruide. Ek koop alle toerusting en onderdele aan wat ek sal benodig om die juwele te maak en ek maak my eie ontwerpe en sit dan die onderdele saam om die juwele te maak.

My idee is baie uniek omdat ek vir enige klient persoonlike smaak en styl juwele kan maak. Ek maak standaard produkte maar ek kan persoonlike produkte maak terwyl ander besighede slegs standaard produkte verkoop. Ek ontwerp ook my eie ontwerpte juwele. Die pryse van die juwele wat ek maak is ook bekostigbaar en dit maak dit moontlik vir kliente om dalk twee stelle oorbelle te koop vir die prys van een by ‘n ander winkel. Dus is my idee uiters uniek en sal mense definitief aanraai om my produkte te koop.