Marcelle en Janke-Mari – Vinkel en Koljander
Marcelle de Kock en Janke-Mari Vermaak is niggies wat van kleins af saam bak en brou. Hulle het besluit hulle kan hulle liefde vir pannekoek bak gebruik en ‘n diens lewer vir hulle gemeenskap en ter selfde tyd ‘n sakgeldjie maak.
Die pannekoeke is uniek in die sin dat hulle alles self doen. Van die deeg aanmaak, ure voor die stofies staan en bak en dan suiker, rol en verpak. Hulle het kliente wat van ander dorpe af ry vir hulle heerlike pannekoeke.