Zoemsalf

Jou Veelsydige Oplossing vir Verskeie Velprobleme

In die afgelope paar weke het Zoemsalf, die veelsydige produk ontwikkel deur die 13-jarige entrepreneur Engelize Botha, aansienlike aandag getrek. Hierdie produk en sy hoofbestanddeel het onlangs twee toekennings ontvang, wat sy posisie as ‘n gesinsvriendelike oplossing vir verskeie velverwante kwessies verder bevestig.

Engelize Botha se Zoemsalf is bekroon met die “Afriforum Besigheidsbytjies Senior wenner 2023”- toekenning. Verder het die byewas wat in Zoemsalf gebruik word die eerste plek verower in die “Commercial Hive Products at the Africa Regional Apimondia Conference 2023” wat die produk se verbintenis tot die gebruik van net die beste bestandele wat die natuur bied beklemtoon.

Zoemsalf se veelsydigheid spreek verskeie algemene velprobleme aan, insluitend:

  • Droë Lippe
  • Puisies
  • Aknee letsels
  • Insekbyte insluitend musiekbyte
  • Geringe wonde en brandwonde: Zoemsalf help in die genesing van geringe wonde en brandwonde wanneer dit aan die sagte kussing van n pleister aangewend word, wat die risiko van infeksie verminder en die vorming van littekens minimaliseer.

Zoemsalf is nie slegs beperk tot die bogenoemde voordele wat ervaar kan word nie, maar Zoemsalf kan selfs kosmeties as ‘n wenkbroustileerder gebruik word.

Zoemsalf is trots op die gebruik van 100% natuurlike en velvriendelike bestanddele: byewas, propolis, klapperolie, sheabotter, borrie (“turmeric) en swartpeper.

*Let asseblief op allergene.

Zoemsalf is beskikbaar by “lifeLAB” en “Garden of Eeden  in Pretoria @R79 of kan direk bestel word by Engelize: zoemsalf@gmail.com / 082 418 6767.

Volg Zoemsalf graag ook op Instagram @zoemsalf.

Kontakbesonderhede