Ouderdom: 13
Fase: Hoërskool
Graad: 7
Skool: Beaumont Primêre Skool
Provinsie: Wes-Kaap

Sweets Galore and more…..

Ek verkoop sakkies met los lekkers. Sommige sakkies het dieselfde lekkers in en sommige sakkies het gemengde lekkers in. Die idee is om die produk so goedkoop as moontlik te hou dat ek baie meer van die verkoop. Die lekkers wat ek gebruik is ook waarvan alle kinders en grootmense hou. Die eenheidskostes is laag, so ek kan ‘n lekker produk saamstel wat goedkoop is en so baie van dit verkoop. Ek verkoop ook sakkies met albasters in. Dit is een produk wat steeds baie gewild is onder seuns en meisies. Ek het twee opsies. Die een sakkie het meer albasters en een goon in. Dit is die duurder produk van die twee. Die ander keuse is net ‘n paar albasters en dit is baie goedkoper. Die prys is ook billik vir die twee opsies en gee weereens vir kinders wat net iets klein kan bekostig die kans om ook iets te kan koop. Die lekkers en albasters is ook klein en goedkoop genoeg dat grootmense dit kan koop om by ‘n geskenk vir ‘n kind te sit of sommer net vir ‘n klein bederfie.

Picture1