Ouderdom: 13 en 15
Fase: Hoërskool
Graad: 7 en 9
Skool: Nukleus Online en Meyer Akademie
Provinsie: Wes-Kaap

Tweekeer Geliefd

Ons het n tweedhandse klere pop-up shop of opwipwinkel waar ons op n spesifieke dag klere van goeie kwaliteit herverkoop. Ons doen dit by n plaaslike koffiewinkel met n groot stoep en nog n vertrek net langsaan. Ons maak dit mooi, speel vrolike musiek en verkoop ook eetgoedjies en tweedehandse boeke. Ons betaal geen huur nie omdat ons verkope mense lok na die koffiewinkel. Ons teinkenmark is dames wat vir hulself en hul gesinne kwaliteit maar bekostigbare klere wil koop. Die gemeenskap hier is nie welgesteld en ons pryse is baie bekostigbaar. Ons herfsverkope was n groot sukses en ons is reeds aan die beplan aan die volgende een in September. Een van ons ouers het n ikhokha masjientjie so ons kan kaartaankope ook neem. Ons merk elke kledingstuk met n kode om aan te dui na wie die geld gaan aangesien ons drie is wat dit doen. Soos wat mense betaal haal ons die kodepapiertjie af en na die tyd kan ons sien hoeveel geld gaan na elkeen toe. Elkeen samel klere in vir die geleentheid-by vriende, kennisse en familie. Ons het amper R3000 gemaak in Maart.

Picture1