Ouderdom: 10
Fase: Intersenfase
Graad: 5
Skool: Laerskool Lynnwood
Provinsie: Gauteng

My Handlanger / Gimme a Hand

Ons het hierdie plan gekry toe my pa so gesukkel het om by ‘n valboom (“boom”) se hand-sensor by te kom sonder om sy kar te krap. Ons het besluit om te kyk of ‘n voorwerp wat lyk soos ‘n hand ook sal werk om die valboom oop te maak. Ek het my ma se hand op ‘n stuk polistireen (“styrofoam”) afgeteken, en die vorm uitgesny. Om dit langer te maak het ons ‘n stuk dik karton ingeskuif (kan hout ook gebruik). Daarna het ek die hand versier met materiaal en verf. Ons het ook ‘n gleuf gesny tussen die wysvinger en middelvinger om ‘n parkeerkaartjie in te steek as ‘n masjien te ver is. Ons het besluit ‘n gepaste naam vir hierdie helpende hand is; “My Handlanger”. Die grootste voordeel van hierdie toestel is dat dit mense baie geld en moeite gaan spaar. Ons kan alles hiervan maak met herwinbare materiaal, so dit kos my amper niks! My pappa is die eerste eienaar van so ‘n oulike handlanger. Ek sal ‘n handige geldjie kan maak met my patent!

Picture1

Sorry. This form is no longer available.