Ouderdom: 11
Fase: Intersenfase
Graad: 6
Skool: Oranje Primere Skool
Provinsie: Vrystaat

Koekies & Krummels

My naam is Chani Britz en is 11 jaar oud en my besigheid se naam is “Koekies & Krummels” “tuisgemaakte lekkerte” omdat ek hierdie koekie fudge verkoop en daar is altyd krummels wat oorbly waaraan my pa en boetie al te graag eet. Al begin bak ek ander goed, sal daar ook altyd krummels wees so ek dink die naam pas goed. Die Koekie Fudge is ook iets wat ek nie in ‘n yskas hoef te bêre nie so dit bly die hele week vars in my koshuis kas. Die koekie fudge is heerlik net so of saam ‘n koppie tee. As ek tee drink lig my pinkie so effens in die lig dan sê my ma ek is nou wraggies soos die engelse, maar my Koekie Fudge is trots Afrikaans. Omdat ek in die koshuis bly in die week is naweke die enigste tyd wat ek dit kan maak en geniet elke oomblik daarvan al is ‘n naweek net so kort. Die resep het ek by my tannie Sandri gekry omdat dit goedkoop bestandele het, maklik is om te maak en ek dit vir n goeie prys kan verkoop om baie wins te maak. Ek waarborg elke keer die heerlikste produk, as jy een keer iets slegs verkoop sal mense dit nie sommer weer by jou koop nie. Dit is heerlike koekie fudge wat so 8cm x 8cm blokkies gesny is en in ‘n selefaan sakkie gesit word vir verpakking. My kliënte is al die koshuis kinders in Le Roux huis en die onnies wat party aande in rye staan voor my kamer deur om dit te koop, dit is goedkoop genoeg vir hul om dit te bekostig. (My ouers hou daarvan om vir mense te vertel dat ek partykeer ons oproep in die aand moet neersit as ek met hul gesels, omdat ek sê my kliënte staan by die deur, ek dink hul is eintlik net trots op my!) So kry ek elke week my eie sakgeld en hoef ek nie my ouers te vra as ek iets vir myself wil koop nie. Ek probeer ook elke week spaar van die geld om meer en meer van die bestandele wat ek nodig het aan te koop sodat ek goed geld kan maark om my ma en pa te help betaal aan my toer as ek Worlds toe gaan met Biathle aan die einde van die jaar. Die bestandele van my koekie fudge is baie eenvoudig, iets wat almal in hul huis sal hê. Ek het ook n ekstra spaar rekening waar ek elke maand geld inbetaal sodat ek oor n paar jaar my eie potte, panne en klitser kan koop. Dit is so lekker om jou eie goed te kan hê en maak my so trots dat ek self daarvoor kan werk. Ek en my boetie(hy het sy eie lê hen besigheid op die plaas) leer al van kleins af om hard te werk en ons eie geld te verdien, want my ma sê dit is hoe sy groot gemaak is en dit leer jou van wat geld is en waar dit vanaf kom en dat jy dit nie moet mors nie. Sy sê ons is entrepreneurs en hulle is die toekoms van ons land. So ek werk om Suid Afrika beter te maak as wat dit nou is, ek hoop ek kan help. Ek was altyd skaam om met mense te praat, so om hierdie besigheid te begin het, het my geleer om beter met ander te kommunikeer en ek kry baie selfvertroue(ek kan net nog nie debat praat nie)

Picture1