Ouderdom: 6 en 8
Fase: Grondslagfase
Graad: R en 2
Skool: Laerskool Mooirivier en Suikerbekkies Kleuterskool
Provinsie: Noordwes

BIELIE-BYE

Ons verkoop rou heuning. Ons oom, Oom Hanjo, boer met bye. Sy byekorwe is naby Sannieshof en gebruik die blommetjies van bloekombome, kareebome, veldblomme en sonneblomme om heuning te maak. Ons koop dan die heuning in groot emmers by Oom Hanjo. Ons sit die heuning in glasbottels wat elkeen 500g heuning in het en verkoop dit. Ons gee afslag wanneer mense weer by ons koop en die leë bottels teruggee. Ons verkoop al van Julie laasjaar af heuning.

Bielie-Bye-logo

Sorry. This form is no longer available.