Ouderdom: 17
Fase: Hoërskool
Graad: 11
Skool: Tuisskool
Provinsie: Wes-Kaap

Edel

Ek het ‘n produkreeks van natuurlike produkte wat oa byewas bevat. Ek is ‘n Junior olimpiese gimnas. Een van die uitdaging wat ons hoë vlak gimnaste het is dat ons hande en polse baie wrywing moet kan hanteer en nie herstel tyd het nie. Die gevolg is vel wat rou skaaf en eelte wat dikwels afskeur (“Rip” in Engels). Gimnaste het almal dus een of ander “doepa” wat hul gebruik om te probeer help. Ons gesin is gesondheidsbewus en ek het gevolglik begin eksperimenteer met verskillende rou produkte om my eie “rips” en skaaf plekke te behandel. Ek het iets nodig gehad wat pynverligting bring, die oop wonde ontsmet en vinnige herstel tot gevolg het. In die proses is Ripice gebore. Baie van my kliënte gebruik dit as lip salf of as salf vir kleiner vel beserings vir hul kinders. Op versoek van my bestaande kliënte het ek 2 nuwe geure uitgebring. Dit was vir my belangrik dat die nuwe geure steeds dieselfde helende eienskappe van die oorspronklik laventel Ripice moet hê. Die 3 produkte (Laventel, Roos en Peperment) is beskikbaar in ‘n 8g plastiekhouer of 12 g glashouer. Leer, net soos ons vel, moet gevoed en versorg word. Daarom is my nuutste produk Kakiebos Leerkos wat soos Ripice natuurlike bestanddele bevat om leer natuurlik te voed, bevogtig en herstel. My tipiese kliënt is gimnaste en individue wat gesondheid en omgewings vriendelike produkte wil gebruik

Picture1

Sorry. This form is no longer available.