Ouderdom: 12
Fase: Hoërskool
Graad: 7
Skool: Laerskool Anton van Wouw
Provinsie: Gauteng

Zoemsalf

Die winter is oppad. Nie net Eskom se “loadshedding” wat my bekommer maak, maar ook droë lippe. Boonop het n “vlaag” van puisies my gesig op 12 “getref” en is die puisie-doppies droog en jeukerig. Ek was deur my byeboer Oupa geinspieer om te kyk of ek nie n unieke produk kan ontwikkel wat my behoeftes, asook ander tiener en grootmense se probleme kan aanspreek nie. Iets wat sal help met insekbyte, letsels en die droë kolle – sou hul maar net wou wegkruip soos molle! Ek het suiwer byewas (wat suiwer Propils bevat – die wonderkuur vd byenes!) bekom van n byeboer en met navorsing besluit om olies (om die produk gladder en meer smeerbaar maak) asook Borrie (met sy anti-inflamotoriese eienskappe) en swart peper (as jy swart peper by borrie meng verhoog dit die absorpsie vd borrie tot 2000%) alles saam te smelt op die stoof en my eie wonderkuur te maak. Die produk kom in n lipsalf houertjie, maar is smeerbaar oor enige deel van die ligaam. Brand die swart peper: NEE! Vlek die Borrie: nog n NEE! Daar is huidig geen so produk op die Suid Afrikaanse mark met die spesifieke formulasie / bestandele nie. Alles 100% organies.

Picture1