Ouderdom: 17
Fase: Hoërskool
Graad: 11
Skool: Hoërskool Waterkloof
Provinsie: Gauteng

CODE RED: Q-FAD

Ons lewer beide ‘n produk en ‘n diens. Ons produk is die vraelys wat reeds ontwikkel is, wat aan skole waar ‘n sielkundige of ondersteuningsdiens beskikbaar is, bemark sal word. Tydens die volgende fase van ons projek sal ons die produk aanpas sodat dit ook by skole in armer gebiede en landelike areas ingeskakel kan word. Vir hierdie fase sal ons aansoek doen vir befondsing en borgskappe. Die diens wat ons lewer is om adolessente wat in nood is te help, sodat sosiale probleme en rampe aangespreek kan word, byvoorbeeld die hoë voorkoms van depressie en selfdood onder adolessente. Ons beoog om die diens en produk in die toekoms verder uit te bou ten einde ander groepe ook te kan bereik en ondersteun, byvoorbeeld onderwysers, studente, kinders wat aan sport deelneem en onder druk verkeer, laerskoolkinders, ensovoorts. Hierdie visie vorm deel van ons toekomsplanne. Ons langtermyndoelwit is om die produk en diens nie net in Suid-Afrika te lewer nie, maar ook in die buiteland. DIe CODE RED: Q-FAD toep bied die volgende funksies; – Inligting oor die toep en wat dit behels (“About CODE RED”) – Inligting oor die werking van die toep – Opsie om die vraelys te voltooi (geassesseer te word) – SOS funksie om ‘n boodskap te stuur dat hulp dringend verlang word – SOS my buddy funksie, om ‘n maat aan te meld wat moontlik hulp benodig – Wenke-afdeling waar wenke oor algemene probleme waarmee kinders mag worstel vervat is, soos studiemetodes, Wiskunde-angs, portuurgroepdruk, tydbestuur, ensovoorts. Die huidige teikenmark is hoërskole, meer spesifiek hoërskool-leerders wat toegang het tot ‘n sielkundige/berader/ondersteuningsdienste by die skool. Die toekomstige teikenmark is wyer en sluit laerskool-llerders, studente en werknemers in. Verder sal die produk aan regeringsinstansies en besighede bemark word.

Gerthyo en Wilando Ferreira