Ouderdom: 11
Fase: Intersenfase
Graad: 5
Skool: Laerskool Fairland
Provinsie: Gauteng

H + M Eggtrepreneur’s

Ons besigheid is ‘n hoender eier boerdery. Die naam van die besigheid is H & M Eggtrepreneurs. Die besigheid is my en my boetie Marthinus se besigheid en ons het in Augustus 2023 daarmee begin toe my Pa vir ons 30 le-henne gekoop het om ons besigheid te begin. Ons le-henne bly in ‘n toegespande hoenderhok op die plaas in Krugersdorp waar my Pa met skape boer. Hierdie hok gee aan die hoenders veilige warm le-plek en het ook plek waar die hoenders buite in die son, veilig teen roofdiere, kan rondloop en skrop, wat hierdie hoenders dan “free-range” hoenders maak. Hierdie hoenders is meer gelukkig as om in ‘n battery hok by ‘n groot hoenderfabriek te sit en as gevolg daarvan, le die hoenders meer eiers en smaak die eiers ook lekkerder. Ons hoenders le ongeveer 70% eiers per dag, en dit hang af van die weer en klimaat. In die baie warm somer le hoenders minder eiers en in die baie koue winter, le hulle ook minder eiers. Om dit steeds produktief te maak, verander ons die hoenders se kosinname soos nodig, want dit speel ‘n groot rol in die produksie van eiers. Tans verkoop ons slegs eiers in 30 volume in karton en plastiek kratte aan vriende, familie, en skool onderwysers asook aan Pa en Ma se personeel by hulle werk.

Picture1

Sorry. This form is no longer available.