Ouderdom: 13
Fase: Hoërskool
Graad: 7
Skool: Laerskool Roodekrans
Provinsie: Gauteng

Tron Gidgets

Ek maak 3d geprinte speelgoed vir hoofsaaklik laerskool kinders. Aloewel ek bykans enige ontwerp kan print, fokus ek tans op ons laerskool markdae. Ek kies interessante ontwerpe wat vir jonger kinders interessant sal wees en maak verskillende ontwerpe wat beide meisies en seuns van sal hou. Ek probeer beweeglike speelgoed maak wat ons kinders se vingers kan besig hou wanneer ons boude moet stil sit en die wag lank word. Die printer print in vlakke en is die moontlik om skakels te print sodat dele van die items kan beweeg. Ek print hoofsaaklik diere wat mense fasineer, maar wat jy nie self kan besit nie bv slange, drake, haaie, seekatte, llamas, geraamtes van dinosaurusse en “fidget” speelgoed. Ek print deur die jaar naamplaatjies vir ons tasse en koekiedrukkers en ek print gereeld “customized” name op bestelling. Ek het op “pythagoras” dag vir ons hoof ‘n pennehouer geprint wat bestaan uit die nommers van pythagoras en print gereeld vir onderwysers en vriende geskenke. Alhoewel ek verskeidenheid produkte kan print, fokus ek hoofsaaklik op fasinerende, beweeglike diere/ratte/skroewe wat kinders se vingers besig hou.

Picture1

Sorry. This form is no longer available.