Ouderdom: 13
Fase: Hoërskool
Graad: 7
Skool: Laerskool Eversdal
Provinsie: Wes-Kaap

Lil’Blobbies Crochet

Ek het, in 2023, toe ek 12 jaar oud was, myself geleer hekel en my eie patrone begin maak, dit het gegroei tot ‘n klein besigheid, Lil’Blobbies Crochet. My besigheid bestaan uit ‘n verskeidenheid hekelprodukte – meestal sagte speelgoed, sleutelhouers, babaspoegdoekies en ook ‘cuddle’ hasies vir babas. My mees populêre item is my skilpadjie – as ‘n sagte speelding en ook ‘n sleutelhouer. Ek geniet dit ook om hondjies, hasies en eende te hekel. Van my haaskoppe het ek in ‘spoegdoeke’ verander sodat ek ‘n groter mark kan bereik. Ander hase het weer lap ore wat ‘n ander tekstuur is en so kan babas verskillende teksture voel. Meeste van my kliënte is my maats by die skool, en van my onderwysers. Van my ouer suster se hoërskool vriende het ook al by my bestel. Ek het wel ook al bestellings gekry van mense wat iets unieks gesoek het vir ‘n geskenkie vir ‘n baba. Ek het al by ‘n markie ook verkoop en dit was ‘n lekker ondervinding. Ek is die meeste trots op ‘n bestelling wat Johannesburg toe is en nog een wat al die pad China toe is.

Picture1

Sorry. This form is no longer available.