Ouderdom: 13
Fase: Hoërskool
Graad: 8
Skool: Hoërskool Oos-Moot
Provinsie: Gauteng

Haas-uit-die-hoed partytjiepakkies

Die mense in my gemeenskap is verdien ‘n gemiddelde inkomste, selfs laag. So dit is vir my belangrik dat my produk so bekostigbaar as moontlik is. My partytjiepakkies is eenvoudig wat dit bekostigbaar maak. Ek gebruik bruin papiersakkies omdat dit lekker goedkoop is. Die pakkie se etiket ontwerp ek self en dit word op kleurpapier gedruk en buite op die bruin papiersakkie geplak. Die inhoud van die pakkies hang af wat die mamma’s graag wil he. Dit bestaan gewoonlik uit ‘n goedkoop pakkie “chips” of “puffed corn” , suigstokkies, toffies en jellie lekkers. Ek het selfs al ‘n goedkoop ballon en “emoji” plakkers in my pakkies gesit vir ‘n ietsie ekstra. Ek en my boetie stel hierdie pakkies self saam met ons eie hande. As ‘n verjaarsdag maatjie se mamma dit by haar huis of by die skool afgelewer wil he, vat my ma ons met haar kar.

Picture1

Sorry. This form is no longer available.