Ouderdom: 10
Fase: Intersenfase
Graad: 5
Skool: Tuisskool
Provinsie: Gauteng

Rachel Bakes

Die produk wat ek lewer is verjaarsdagkoeke volgens kinders en mammas se drome. Ek maak ook graag ander eetgoed vir tuisskool leerdae en partytjies wat mammas by my koop. Hierdie eetgoed sluit in, byvoorbeeld seekat koekies wat kinders kan versier tydens ‘n les oor seediere. Ek verskaf ook eetgoed volgens lande se temas en lande se gunsteling soetgoed- dit is baie gewild by almal. Wanneer mammas of onderwysers ‘n tuisskool les of ander les aanbied, bestel hulle by my eetgoed volgens die les se tema en dan maak ek ‘n leersame, eetbare aktiwiteit om saam met die les te gaan. Die kinders geniet dit baie.

Picture1