Ouderdom: 15 en 16
Fase: Hoërskool
Graad: 9 en 10
Skool: Hoërskool Waterkloof
Provinsie: Gauteng

Brandbos Vuuraanstekers

Ons as jong entrepenieurs het ‘n revolusionêre produk geskep, wat as ‘n oplossing begin het, maar nou na hoër hoogtes streef. Die BRANDBOS vuuraansteker was eers net ‘n manier om van ‘n onnuttige bos ontslae te raak ,maar nadat ons hierdie droom produk ‘n werklikheid gemaak het ,het ons die vele voordele daarvan ontdek. Bankrotos is wel n inheemse bos maar dit bly ‘n pes wat beide boere in die landbouberdyf sowel as die natuur steur en net amok maak waarokal dit groei. Een van die eienskappe van Bankrotbos wat dit so onaangenaam maak is dat dit vlugtige olies bevat wat baie vlambaar is. Dit verhoog dus die kans dat plase in ‘n hopie as verander, indien ‘n veldbrand uitbreek. Boere probeer alles om van hierdie pes ontslae te raak, want dit verminder ook die drakrag van die veld omdat dit geen voedingswaarde bevat nie en die vee hul dus nie daaraan steur nie. Ons wou ‘n volhoubare manier skep om die bos te verwyder en terselfdetyd die onnuttige moeilikheidmaker in ‘n nuttige produk te omskep. Die eens negatiewe vlambaarheidseienskap word nou tot ons voordeel gebruik, aangesien ons dit bos in ‘n natuurlike vuuraansteker verander het wat die boer ,die natuur en die verbruiker bevoordeel.

Picture1

Sorry. This form is no longer available.