Ouderdom: 10
Fase: Intersenfase
Graad: 4
Skool: MEYER AKADEMIE
Provinsie: Wes-Kaap

WILDE GESKENKE

Ek is mal oor die natuur en avontuur en lewer produkte wat ek self maak. Ek verkoop dit by ons jaarlikse Jeugmark op die dorp, asook by ander markte of soos mense geskenke nodig het.Hier is wat ek op die oomblik verkoop: *1)Natuurkaartjies (wat ekself geteken het van wilde diere, wat iemand toe vir ons mooi gemaak het op n rekenaar en ons toe laat druk het). Daar is 4 kaartjies in n pakkie-van 4 verskillende wilde diere, bv n olifant, n rooikat, n hoep-hoep en n gemsbok. R25/pakkie *2)Birdfeeders: Ek maak dit van dikkerige takke, boor dan gate daarin en stop dit vol met n mengsel van grondboontjiebotter en voeltjiesaad. R35 *3)Vuuraanstekers: Ek maak dit self van oorskietgoed soos ou kerswas, saagsels en scrap papier. Ek sit ook n stokkie kaneel in en n druppel essensiele olie vir lekker ruik in. R20 vir n pakkie van 5. Ek het dit getoets en dit werk baie goed. *4)Hout gekerfde messe: Ek kerf dit van stukkies afval hout wat ek by iemand verniet kry. Prys hang af van die grootte. Kleintjies R20, Medium size is R30 *5)Rekkie gewere: Ek maak dit ook met stukkies weggooihout. Die groot gewere met n scope by is R30, die kleiner gewere is R20

Picture1