Ouderdom: 13
Fase: Hoërskool
Graad: 7
Skool: Meyer Akademie
Provinsie: Wes-Kaap

Tails & Whiskers

Ons lewer n DIENS: Ons kyk na mense se troeteldiere. Dit behels een of tweemaal per dag kos en water gee, en soms oefensessies met hulle. Ons gemeenskap is nie besonder welgesteld nie, dus hou ons ons pryse so billik as moontlik. Ons kan dit doen want ons uitgawes is laag, omdat ons fietsry,behalwe as dit reen. Afstande is kort omdat ons net mense IN die dorp help. Ons het basies geen kompetisie nie, want daar is net een ouer dame op die dorp wat af en toe van haar huis af na honde omsien. Niemand anders gaan NA die eienaars se troeteldiere om hulle daar te versorg nie. Ons maak wel vooraf seker dat die diere vriendelik en maklik is om te versorg om nie onsself in ongemaklike situasies te plaas nie.

Picture1