Ouderdom: 11
Fase: Intersenfase
Graad: 5
Skool: Laerskool Monumentpark
Provinsie: Gauteng

“Kyk wat het ek!”

Hello, ek is Zoey en my winkel se naam is “Kyk wat het ek!”. Ek verkoop ‘n verskeidenheid van goedere by my skool – Laerskool Monumentpark. Die goedere wat ek elke dag verkoop, bestaan uit ‘n verskeidenheid van ‘squishies’, sleutelhouers, wurm armbandjies, “Crocs – pins’, oulike skryfbehoeftes, jellies en ander allerlei eetgoed. Daar is altyd ‘n verskeidenheid wat elke week of twee weke verskil. Ek koop produkte aan volgens die belangstelling van die kinders by die skool.

Picture1