AfriForum se Besigheidsbytjies het vandag die Laerskool Muldersdrift in Krugersdorp besoek. Leerlinge het na praatjies geluister en entrepreneurskap-opleiding ontvang. Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir Jeugleierskap, sê dis lekker om kinders te inspireer wat die land se toekomstige leiers gaan wees. Mnr. Herman Byleveld, die skoolhoof, sê entrepreneurskap is deel van die graad 7-kurrikulum en dat baie waardevolle inligting aan die leerlinge oorgedra is.