Deur Yolanda Grobler

Entrepreneurskap het die woord geword wat deur elke opleidingsinstansie gebruik word. Universiteite begin al hoe meer kursusse aanbied wat gemik is op entrepreneurs. Entrepreneurskompetisies kom oral voor en skole begin soek na entrepreneurskursusse om op skoolvlak aan te bied. Hoekom nou eers as entrepreneurskap al vir eeue bestaan? Is entrepreneurskap dalk ’n groter deel van Suid-Afrika se toekoms as wat ons tot dusver ervaar het? ’n Vriend sê nou die dag vir my “moet tog net nie Australië toe trek nie, hier kan mens nie ’n entrepreneur wees nie”. Volgens hom is daar reeds stelsels en spreekwoordelike boksies vir alles en dit is nie nodig om probleme in dié samelewing op te los deur entrepreneurskap nie…alles is reeds opgelos. En net daar dank ek my sterre dat ek in Afrika bly waar daar nog probleme is om op te los! Want ware entrepreneurskap is om ’n probleem om jou raak te sien, en dan ’n innoverende oplossing daarvoor te vind waaruit jy kan geld maak terwyl jou oplossing mense se lewens verbeter. En dit is hoekom entrepreneurskap deel is van Suid-Afrika se toekoms. In Suid-Afrika sal ons kinders moet leer om entrepreneurs te wees sodat hulle hul eie toekoms kan verseker. Baie van ons kinders gaan nie werk kry nie, maar hulle sal kan werk skep. En hoe vinniger jou kind leer om ’n entrepreneur te wees, glo ek, hoe blinker kan hul toekoms in Suid-Afrika wees. 

RaisingBrightness het ’n aanlyn entrepreneurskursus vir kinders ontwikkel want ons verstaan dat ons kinders se aanlyn lewe groei en groter word (soms maak dit ons bang, maar dit is die toekoms). RaisingBrightness is oorspronklik begin om kinders te help om volgens hul breinvoorkeur te leer. CAPS-kurrikulumvideomateriaal is beskikbaar vir kinders van Graad 4–6 in die vorm van oudiovisuele video’s. In Graad 6 is daar ’n reeks video’s wat hulle leer hoe om self opsommings te maak om hulle voortaan onafhanklik in die leerproses te maak. 

Die aanlyn entrepreneurskursus is beskikbaar onder die FUN courses tesame met ’n werkboek wat vir jou kind die voorsprong in entrepreneurskap sal gee. Hierdie entrepreneurskursus gaan jou kind al die stappe leer om hul eie onderneming te bou. Niemand is ooit te jonk om ’n onderneming te begin nie. Na afloop van die kursus word jou kind aangemoedig om in te skryf vir Afriforum se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie waar hul groot pryse kan wen.    

Kom ons staan saam om ’n generasie van entrepreneurs groot te maak vir Suid-Afrika. 

Besoek www.raisingbrightness.co.za en gaan kyk onder die FUN courses om meer uit te vind oor die Bou ’n besigheid-kursus vir jong entrepreneurs.